So begin ek toe mos nou met die nuwe toekoms. Ry so 30 km's in werk toe en 30 km's terug in die middae. Nie dat daar fout is nie, sal ek nou so terwyl ek ry (ongeveer 'n halfuur tot 'n drie kwartier) daaraan dink hoe ironies is dit nie. Dit is so stukkie terug in die verlede en dan weer terug smiddae na die toekoms....
So dwaal 'n mens se gedagte maar en van rondkyk en om jou kyk terwyl die rit plaasvind bring nogals interessante dinge mee. Eers jaag die een en dan daardie een om by jou verby te kom, almal met sulke groot duur "bulk size" grootte voertuie. Myne lyk soos 'n muggie teen hulle s'n. Ek dink myne sal soos 'n platgetrapte visblikkie lyk as hul oor my moet ry soos hulle verby gejaag kom om eerste by 'n robot of oorgang te stop. Of sommer maar net om af te "show". Dan "smile" ek maar net wanneer ek hulle in elk geval inhaal by die 4/3 rigting stop of verkeerslig. Dan moet jy sien hoe vinnig kyk hul ander pad -- gmf! kan nie eers terug glimlag nie.
So gaan dit maar op die pad en kan mens nie anders as om 'n dag dan met 'n glimlag te begin nie. Probeer dit net, kyk vir die ou wat langs jou in sy motor staan by die verkeerslig...lol die reaksie is oorweldigend. Goeie begin vir die dag.
En, o ja wat hulle darem nie alles agter 'n kar se stuur kan aanvang nie..hehe, boeta! Van grimering aansit, skeer, koffie drink en die meeste op die voorkeurende selfoon wat sommer 'n vermindering in spoed en verkeersopeenhopings veroorsaak. Heng, dink net, as sulke goete nie gebeur nie, hoe vervelig sou die ou lewe darem nie gewees het nie.
Dan kom jy by die werk...ugh! Maar ai met al die stelsels en prosesse in plek, bly mense maar dinge vir hulself ingewikkeld en moeilik maak. Seker maar omdat hulle nog jonk, onervare en lui is om te lees. Alles moet skielik op ander maniere gedoen word, net om na 'n latere gemors uit te vind dat die vorige proses eintlik die ene is wat reg werk....ai dan krul die tone sommer so van lekkerte en dan is dit nog 'n groter glimlag dag. Soms wonder ek hoekom doen mense dit? Wanneer dinge verkeerd loop, moet jy mos weet dat jy eintlik dit aan jouself gedoen het? In weinige gevalle ander se skuld....glo ek? Die ergste is hulle bly hul koppe nes 'n donkie teen dieselfde klip stamp elke keer...soms wonder ek of dit donkies of muile is? Wie se kop is nou die hardste..
Deel gerus dit wat jou dag interessant maak....glo my daar is niks wat dinge so vinnig kan reg maak as 'n lekker lag uit die maag uit nie. Mens voel sommer beter en dan is al die ander dinge vergete.Om vir jouself te kan lag wanneer jy daardie "dom" ding of lompheid aangevang het, is 'n siels genesing wat alle stres wegvat en 'n wip in die dag sit. Hoor graag van al julle ervaringe en vertellinge.........

E.T.S.