Wednesday, July 29, 2015

AS MENS OUER WORD

Dit is seker nou maar eenmaal so,  Wanneer mens ouer word, word geduld korter, wysheid meer en ervaring groter. Nooit sal daar 'n dag verbygaan waarin mens nie iets wyser word of ervaar wat jou geduld tot die uiterste beproef nie.

As dit nie verkeer is wat mens frustreer met bestuurders wat lisensies gekoop het nie, is dit snot snuiters wat slimmer en meer ervare  kennis besit as opgeleide persone met meer ondervinding. Dan praat mens nie eers van die sogenaamde voorheen benadeeldes wat kwansuis gematrikuleer, studeer het en nog steeds nie weet hoe om te lees, skryf of om 'n blikbrein te gebruik nie. Om nie eers te praat van onkunde van hoe om hul eie breinkrag in werking te stel en inisiatief te gebruik om denke in werking te stel om 'n taak te kan verrig nie.

Ons praat nie eers van die massiewe salarisse wat verdien word wat die minste moeite, energie en tyd in beslag neem en boonop nog verwag dat meer ouer ervare persone vir hulle moet dink en doen. Om voorkomend te wees is glad nie deel van hul woordeskat of werksuitvoering nie,  want as 'n ding breek kan dit vervang word, ons betaal mos vir versekering of hoe?. Vergeet maar om te probeer begroot vir 'n verhoging wat jaarlik geeis word en o wee, dit moet asseblief nie agterwee gelaat word nie. Daar was darem baie "harde" werk ingesit om dit te verdien.

Sodra die ervare persoon met 35 jaar plus ondervinding aansoek doen vir onder andere 'n ander betrekking, voldoen dit nog steeds nie aan vereistes nie. Poste word geadverteer om die ANC gelukkig te hou, intussen moet jy mense leer ken en 'n kontakbasis opbou om 'n nuwe betrekking te kan betree. Dus beteken dit eintlik as jy nie kan "wine & dine", uithang in pubs en klubs nie, jammer meneer/mevrou: ons het nie 'n pos vir jou nie en dankie dat ons drie ure van jou tyd kon mors in geloofwaardigheid dat jy die pos gekry het, net om vir jou 'n epos te stuur om te se: "dankie en jammer u is nie gekortlys nie".

Ek wil nie eers met die politiek begin nie, dit is veel erger. Die beste beroepe in daardie gebied is om 'n krimineel te word, 20 jaar plus in die tronk te spandeer dan is jou paadjie oop parlement toe. En boonop verdien jy miljoene aan bonusse sou jy uitgevang word vir korrupsie, nie afgedank te word nie, maar met "verlengde betaalde verlof" by die huis of oorsee kan spandeer sonder dat 'n wenkbrou gelig word.

Intussen liewe landsgenote, bly die wet van Transvaal in werking. Vir diegene wat nie meer kan onthou wat dit is nie, lui die wet as volg: Kak en betaal is die wet van Transvaal.

Nee, o hond, ek word nou te oud vir al die gemors. Kan beswaarlik byhou met al die nuutste tegnologie, rugstekery, korrupsie en weet nie wat nog alles nie.

Ek dink 'n plekkie daaaar iewerste ver op 'n verlate eiland sou die beste plek kon wees.