Tuesday, October 1, 2013

So sal ons maar leer praat

So sal ons nou die ander dag sit en klets oor ditjies en datjies. Dit kom toe ook uit so onder mekaar dat ons begin praat oor swart tale en die aanleer daarvan.

Eintlik se hulle, ons moes saam met die verengelsing meer swart tale geleer het op skool in plaas van toegelaat het dat die engelse alles oorneem. Baie waar se ek en stem toe saam, want kyk ek glo onse ou landjie sou heelwat en veel meer anderste daarna uitgesien het as ons maar eerder op skool geleer was om die regte egte inheemse swart tale aan te geleer het as die verdekselse uitheems ingevoerde engelse tale wat alles kom oorneem het en kulture laat heengaan het.

Baie waar ook toe Totius al daaardie jare protes aangeteken het en net doodeenvoudig geignoreer was en oorheers is deur die verengelsing van nie net onse Afrikaans nie maar ook ons boerevolk se swart tale en volke. Dink net hoeveel meer beter kommunikasie en boerederye sou daar vandag kon wees as ons mekaar net behoorlik kon verstaan  het. 'n Mens kan sekerlik nog steeds een van die vele nasie en generasie tale aanleer, maar oe, ai die ouderdomme is nie altyd van so aard dat die koppietjies meer wil vat en aanleer nie.

Dis toe dat ek toe nou mos mooi afhak en se: nou toe! hoe lyk dit met julle jongetjies? Werk dit bietjie in hierdie silllabusse in wat hulle so gereel wil verander, maar nou ja, wie is ons om te praat. Die ingelse wil nie ons taal leer nie maar praat moet ons die rooi taal praat. Soms krom en skeef dan nie eers te praat van fanagalo nie. Hoeveel mense is daar werklik nog wat dit kan praat? Verdompe ingelse...

Maar nou ja, water onder die brug deur se hulle, dalk skrik daar iemand in die jonger generasie wakker en leer hulle die ander tale aan.....

ETS

No comments:

Post a Comment