Thursday, November 7, 2013

Christenskap vs Ateism

Compare Holiday Accommodation       Holiday Accommodation


Niemand maar  niemand het gese om 'n Christen te wees, 'n persoon volmaak is nie. Nog minder is die paadjie van Christenskap sonder dorings en distels. God se pad is die nou pad en met alles wat daarmee gepaard gaan. Dit is juis die onvolmaaktheid van menswees en ons sondige natuur wat deurentyd in stryd is met die goeie geestelike dat ons bly sonde doen, maar in Christus is ons alreeds vergewe en moet ons wel 'n lewe van dankbaarheid en blydskap lewe. Dit vrywaar ons nie van die aanvalle van die duiwel nie en sal ons voortdurend en geduring in stryd bly. Sonder geloof, sonder kennis van die geloof en sonder vertroue in ons Almagtige Drie Enige God, Die Vader, Seun en Heilige Gees sal ons nooit as oorwinnaars in die stryd kan uittree nie.

God verwag ook van ons as Christene om die stryd aan te se en nie net sommer alles as vanselfsprekend te aanvaar en te gaan le nie. Die hele houding van en rondom: "kom ons laat dit maar daar, want die of daai sal wel eendag daarvoor verantwoording doen" is in 'n mate reg, maar gaan dit werklik help om reg en geregtigheid te laat skied. Wanneer gaan Christene begin opstaan en terugbaklei vir hul geloof? 

As die Moslems, Hindoes, Budha's en al die ander gelowe hulself in die samelewings kan uitleef en hul geloof aanhang en aanbid ter enige tyd, waar is ons dan as Christene?  God verwag juis van ons om onsself nie net in liefde uit te leef nie, maar ook om nie in stilte onreg te aanskou, terug te sit, handjies te vou en te se: "Laat God's water oor God's akker hardloop nie"  Staan op Christene en begin terugveg! Waar is die murg in julle pype en vir wat is julle bang?

Ons laat toe dat oor ons geloop word, vertrap word, beledig word en verwag dat God alles moet regstel. Is dit regtig hoe ons as "Christene" moet optree. Ja, ek skryf Christene in aanhalings tekens wat is dit nie wat meeste maar van ons is nie? Skyn Christene. Ja, sekerlik dit is hoe Jesus opgetree het, maar Jesus het ook getugtig en tereg gewys op 'n kalm, bedaarde en bedeesde wyse waarop Hy selfs vir Satan op die vlug laat slaan het.

Dus watse genot put jy as ateis daaruit om Christene sleg te maak, te beledig, te verkleineer, ons Goddelike geloof aan te val? Ateis jy is die duiwel vanself, vir jou is daar nie 'n plek in ons christelike samelewing nie. Ongelukkig vir die christendom en gelukkig vir Satan se koninkrykie is daar te veel skynheiliges wat hulle aan jou aanvalle, aanslae en rituele onderwerp en sodoende blind geword het vir waarmee jy besig is en wat jy besig is om te doen. 

Jy ateis, kind van satan, se hele doelwit is om die Koninkryk van God te vernietig, tot watter satisfaksie sal net jy weet. Dus julle skynheilige gelowiges, as julle almal dink julle gaan eendag hemel toe, in God se Koninkryk in, dink weer daaroor na. Tensy jy 100% jouself draai na God toe en jou onderwerp aan Sy Hoogste Gesag en onderworpenheid.

Dus onvolmaakte Christen watter paadjie verkies jy? Die nou eensame paadjie na God se Koninkryk of die bree selfverheerlikte paadjie? Gaan jy as Christen begin opstaan en terug baklei of skram jy nog weg daarvan af en te bang om oor God en Sy Woord te praat? Hetsy in die werksplek, op pad, in openbare areas of verkies jy maar om jou tyd met Satan en sy genietinge deur te bring?

Een ding weet ek verseker, ek gaan nie toelaat dat ateiste wegneem van my wat God in sy Groot genade aan my geskenk het nie. Daarvoor sal ek tot die dood toe baklei, want jy satan, kan nie my siel van God wegneem nie. En wanneer geregtigheid geskied wanneer God Sy kinders as instrument gebruik om dit te doen, moet jy ophou veroordeel en oordeel, want God se oordeel is baie groter as wat jy jouself maar kan indink.

Staan op Christen! Waak in die geloof en doen wat God van jou vra. Luister vir Sy Koninkryk te wees.


Wednesday, November 6, 2013

Ignorance, Ignoring, Ignored, IGNOREER.......en laat los!

Nou, ja so lyk dit my is arrogante ignorering van alle kante, wette en reels deesdae die inding. Deesdae kom mens net niks nerens as jy nie die geld het nie, nie invloed het nie, nie besittings het nie en o ja, ook nie 'n krimineel is nie. 



Mens kan nou maar 'n "tantrum" gooi so veel soos jy wil, jy kan mooi praat, gat lek, omkoop, pleit, verduidelik, om verskoning vra, in tierlantyntjie taal praat sonder veel of enige sukses.

Nou wonder ek of dit nie dalk die kriks van alle onheile in ons ou verkrampte en verkrompte samelewinkie is nie? Kyk nou maar in enige situasie of omstandinghede, ons kyk maar eenkant toe ignoreer alles en gaan aan totdat die kookpot begin oorkook en die probleme dan begin, dan begin mense vra hoekom en waarom.  "WAKE UP" people dit is deur  julle eie toedoen! Omdat julle soos 'n klomp sissies toelaat dat oor julle geloop word. Begin bietjie weer opstaan vir 'n slag, wys of daar nog enige murg in daardie pype is...of is lamsakkigheid aan die orde van die dag?

Of ons verkies maar om dinge gelate te aanvaar en sodoende toelaat dat korrupsie en bedrog hoogty vier. Waar is julle ruggraat? Mooi praat, lek en soebat werk laaaankal nie meer nie. Nou wil dit voorkom asof dagvaardings en aanklagtes ook nie enige waarde meer dra nie.

Oeps! nou raak dit mos "persoonlik", "aanvallend" en "beledigend" wanneer iemand opstaan vir hy of haar regte. Die 1% wat nog die "guts" het om op te staan teen dinge wat verkeerd is, word gewoonlik geswaai na die "kriminele en die een wat verkeerd" is toe.

Een ding is verseker, le gaan ek nie sommer le nie. Totdat ek verkeerd bewys word, sal ek nie gaan le nie. Net soos wat die wat in weelde lewe en 80% vir hul rykdomme "gewerk" het en hulself verryk het deur die harde hande arbeid van die middel- en laerklas samelewing sal ek aanhou tot ek my punt bewys het....om te dink dat julle dink julle kan oor ander loop net omdat julle geld en invloed het sit julle die pot baie ver mis.....dit is soos om kots in 'n tuimeldroeer te probeer uithaal.

Verseker kan ek se al hierdie stront en hare wat in onse ou landjie hier aan die verste suidste punt van Afrika aangaan is alles te wyte aan die Engelse se inmenging na Van Riebeeck se tyd toe hulle die plaaslike bevolking kom uitroei het om vir hulself rykdomme bymekaar te wil maak. So kan ons maar terug gaan in die geskiedenis en hierdie gemors voor die deur van die Engelse en Britte gaan neerle en dit net omdat hulle die "mag en geld" gehad het.  Kyk nou watse gemors is dit....

VRA EK OOK