Wednesday, November 6, 2013

Ignorance, Ignoring, Ignored, IGNOREER.......en laat los!

Nou, ja so lyk dit my is arrogante ignorering van alle kante, wette en reels deesdae die inding. Deesdae kom mens net niks nerens as jy nie die geld het nie, nie invloed het nie, nie besittings het nie en o ja, ook nie 'n krimineel is nie. 



Mens kan nou maar 'n "tantrum" gooi so veel soos jy wil, jy kan mooi praat, gat lek, omkoop, pleit, verduidelik, om verskoning vra, in tierlantyntjie taal praat sonder veel of enige sukses.

Nou wonder ek of dit nie dalk die kriks van alle onheile in ons ou verkrampte en verkrompte samelewinkie is nie? Kyk nou maar in enige situasie of omstandinghede, ons kyk maar eenkant toe ignoreer alles en gaan aan totdat die kookpot begin oorkook en die probleme dan begin, dan begin mense vra hoekom en waarom.  "WAKE UP" people dit is deur  julle eie toedoen! Omdat julle soos 'n klomp sissies toelaat dat oor julle geloop word. Begin bietjie weer opstaan vir 'n slag, wys of daar nog enige murg in daardie pype is...of is lamsakkigheid aan die orde van die dag?

Of ons verkies maar om dinge gelate te aanvaar en sodoende toelaat dat korrupsie en bedrog hoogty vier. Waar is julle ruggraat? Mooi praat, lek en soebat werk laaaankal nie meer nie. Nou wil dit voorkom asof dagvaardings en aanklagtes ook nie enige waarde meer dra nie.

Oeps! nou raak dit mos "persoonlik", "aanvallend" en "beledigend" wanneer iemand opstaan vir hy of haar regte. Die 1% wat nog die "guts" het om op te staan teen dinge wat verkeerd is, word gewoonlik geswaai na die "kriminele en die een wat verkeerd" is toe.

Een ding is verseker, le gaan ek nie sommer le nie. Totdat ek verkeerd bewys word, sal ek nie gaan le nie. Net soos wat die wat in weelde lewe en 80% vir hul rykdomme "gewerk" het en hulself verryk het deur die harde hande arbeid van die middel- en laerklas samelewing sal ek aanhou tot ek my punt bewys het....om te dink dat julle dink julle kan oor ander loop net omdat julle geld en invloed het sit julle die pot baie ver mis.....dit is soos om kots in 'n tuimeldroeer te probeer uithaal.

Verseker kan ek se al hierdie stront en hare wat in onse ou landjie hier aan die verste suidste punt van Afrika aangaan is alles te wyte aan die Engelse se inmenging na Van Riebeeck se tyd toe hulle die plaaslike bevolking kom uitroei het om vir hulself rykdomme bymekaar te wil maak. So kan ons maar terug gaan in die geskiedenis en hierdie gemors voor die deur van die Engelse en Britte gaan neerle en dit net omdat hulle die "mag en geld" gehad het.  Kyk nou watse gemors is dit....

VRA EK OOK  


No comments:

Post a Comment