Thursday, November 7, 2013

Christenskap vs Ateism

Compare Holiday Accommodation       Holiday Accommodation


Niemand maar  niemand het gese om 'n Christen te wees, 'n persoon volmaak is nie. Nog minder is die paadjie van Christenskap sonder dorings en distels. God se pad is die nou pad en met alles wat daarmee gepaard gaan. Dit is juis die onvolmaaktheid van menswees en ons sondige natuur wat deurentyd in stryd is met die goeie geestelike dat ons bly sonde doen, maar in Christus is ons alreeds vergewe en moet ons wel 'n lewe van dankbaarheid en blydskap lewe. Dit vrywaar ons nie van die aanvalle van die duiwel nie en sal ons voortdurend en geduring in stryd bly. Sonder geloof, sonder kennis van die geloof en sonder vertroue in ons Almagtige Drie Enige God, Die Vader, Seun en Heilige Gees sal ons nooit as oorwinnaars in die stryd kan uittree nie.

God verwag ook van ons as Christene om die stryd aan te se en nie net sommer alles as vanselfsprekend te aanvaar en te gaan le nie. Die hele houding van en rondom: "kom ons laat dit maar daar, want die of daai sal wel eendag daarvoor verantwoording doen" is in 'n mate reg, maar gaan dit werklik help om reg en geregtigheid te laat skied. Wanneer gaan Christene begin opstaan en terugbaklei vir hul geloof? 

As die Moslems, Hindoes, Budha's en al die ander gelowe hulself in die samelewings kan uitleef en hul geloof aanhang en aanbid ter enige tyd, waar is ons dan as Christene?  God verwag juis van ons om onsself nie net in liefde uit te leef nie, maar ook om nie in stilte onreg te aanskou, terug te sit, handjies te vou en te se: "Laat God's water oor God's akker hardloop nie"  Staan op Christene en begin terugveg! Waar is die murg in julle pype en vir wat is julle bang?

Ons laat toe dat oor ons geloop word, vertrap word, beledig word en verwag dat God alles moet regstel. Is dit regtig hoe ons as "Christene" moet optree. Ja, ek skryf Christene in aanhalings tekens wat is dit nie wat meeste maar van ons is nie? Skyn Christene. Ja, sekerlik dit is hoe Jesus opgetree het, maar Jesus het ook getugtig en tereg gewys op 'n kalm, bedaarde en bedeesde wyse waarop Hy selfs vir Satan op die vlug laat slaan het.

Dus watse genot put jy as ateis daaruit om Christene sleg te maak, te beledig, te verkleineer, ons Goddelike geloof aan te val? Ateis jy is die duiwel vanself, vir jou is daar nie 'n plek in ons christelike samelewing nie. Ongelukkig vir die christendom en gelukkig vir Satan se koninkrykie is daar te veel skynheiliges wat hulle aan jou aanvalle, aanslae en rituele onderwerp en sodoende blind geword het vir waarmee jy besig is en wat jy besig is om te doen. 

Jy ateis, kind van satan, se hele doelwit is om die Koninkryk van God te vernietig, tot watter satisfaksie sal net jy weet. Dus julle skynheilige gelowiges, as julle almal dink julle gaan eendag hemel toe, in God se Koninkryk in, dink weer daaroor na. Tensy jy 100% jouself draai na God toe en jou onderwerp aan Sy Hoogste Gesag en onderworpenheid.

Dus onvolmaakte Christen watter paadjie verkies jy? Die nou eensame paadjie na God se Koninkryk of die bree selfverheerlikte paadjie? Gaan jy as Christen begin opstaan en terug baklei of skram jy nog weg daarvan af en te bang om oor God en Sy Woord te praat? Hetsy in die werksplek, op pad, in openbare areas of verkies jy maar om jou tyd met Satan en sy genietinge deur te bring?

Een ding weet ek verseker, ek gaan nie toelaat dat ateiste wegneem van my wat God in sy Groot genade aan my geskenk het nie. Daarvoor sal ek tot die dood toe baklei, want jy satan, kan nie my siel van God wegneem nie. En wanneer geregtigheid geskied wanneer God Sy kinders as instrument gebruik om dit te doen, moet jy ophou veroordeel en oordeel, want God se oordeel is baie groter as wat jy jouself maar kan indink.

Staan op Christen! Waak in die geloof en doen wat God van jou vra. Luister vir Sy Koninkryk te wees.


Wednesday, November 6, 2013

Ignorance, Ignoring, Ignored, IGNOREER.......en laat los!

Nou, ja so lyk dit my is arrogante ignorering van alle kante, wette en reels deesdae die inding. Deesdae kom mens net niks nerens as jy nie die geld het nie, nie invloed het nie, nie besittings het nie en o ja, ook nie 'n krimineel is nie. 



Mens kan nou maar 'n "tantrum" gooi so veel soos jy wil, jy kan mooi praat, gat lek, omkoop, pleit, verduidelik, om verskoning vra, in tierlantyntjie taal praat sonder veel of enige sukses.

Nou wonder ek of dit nie dalk die kriks van alle onheile in ons ou verkrampte en verkrompte samelewinkie is nie? Kyk nou maar in enige situasie of omstandinghede, ons kyk maar eenkant toe ignoreer alles en gaan aan totdat die kookpot begin oorkook en die probleme dan begin, dan begin mense vra hoekom en waarom.  "WAKE UP" people dit is deur  julle eie toedoen! Omdat julle soos 'n klomp sissies toelaat dat oor julle geloop word. Begin bietjie weer opstaan vir 'n slag, wys of daar nog enige murg in daardie pype is...of is lamsakkigheid aan die orde van die dag?

Of ons verkies maar om dinge gelate te aanvaar en sodoende toelaat dat korrupsie en bedrog hoogty vier. Waar is julle ruggraat? Mooi praat, lek en soebat werk laaaankal nie meer nie. Nou wil dit voorkom asof dagvaardings en aanklagtes ook nie enige waarde meer dra nie.

Oeps! nou raak dit mos "persoonlik", "aanvallend" en "beledigend" wanneer iemand opstaan vir hy of haar regte. Die 1% wat nog die "guts" het om op te staan teen dinge wat verkeerd is, word gewoonlik geswaai na die "kriminele en die een wat verkeerd" is toe.

Een ding is verseker, le gaan ek nie sommer le nie. Totdat ek verkeerd bewys word, sal ek nie gaan le nie. Net soos wat die wat in weelde lewe en 80% vir hul rykdomme "gewerk" het en hulself verryk het deur die harde hande arbeid van die middel- en laerklas samelewing sal ek aanhou tot ek my punt bewys het....om te dink dat julle dink julle kan oor ander loop net omdat julle geld en invloed het sit julle die pot baie ver mis.....dit is soos om kots in 'n tuimeldroeer te probeer uithaal.

Verseker kan ek se al hierdie stront en hare wat in onse ou landjie hier aan die verste suidste punt van Afrika aangaan is alles te wyte aan die Engelse se inmenging na Van Riebeeck se tyd toe hulle die plaaslike bevolking kom uitroei het om vir hulself rykdomme bymekaar te wil maak. So kan ons maar terug gaan in die geskiedenis en hierdie gemors voor die deur van die Engelse en Britte gaan neerle en dit net omdat hulle die "mag en geld" gehad het.  Kyk nou watse gemors is dit....

VRA EK OOK  


Monday, October 28, 2013

RICH BITCHES

Jy weet ne, ek wonder hoekom dink rich bitches hulle kan met alles wegkom. Dink hulle kan oor almal loop, beledig, verkleineer en verneder en dit dan om te swaai na die ander kant toe. Wie die fok dink hulle is hulle? Net omdat hulle 'n dokter of 'n professor of 'n "glorified" status idioot se vrou is of self een is, dink hulle regtig hulle kan maak wat hulle wil?

Nou dit geld sommer ook vir elke en iedere een van private huiseienaars wat privaat tuinwoonstelle/eenhede uitverhuur. Hulle het net een doel voor oe en dit is sodat die huurder hulle help afbetaal aan hul huisverband en/of om 'n lekker lewe te he.

Nou kyk ne, ek is nie blind vir die tipe van huurders wat soos varke lewe, 'n plek verniel en vir vuil agterlaat nie. A.g.v. die idiote moet die opregte en goeie huurders daaronder lei. Dit gee ook nog steeds nie hierdie verkrampte huiseienaars die reg om 'n goeie huurder soos skuim te behandel en sy/haar deposito terug te hou vir hulle eie gewin nie.

Private huiseienaars wat privaat uitverhuur is veronderstel om die huurder se deposito in 'n APARTE LW APARTE spaar rekening te hou totdat die huurder kennis gee of uitgesit word vir goeie redes waarna 'n inspeksie ter plaatse gesamentlik gedoen moet word en die deposito dan binne 'n 7 - 21dae tydperk uitbetaal moet word, met rente vir gehuurde tydperk mits alles in orde gevind is en die eienaar tevrede is en daar nie enige skade van enige aard was om af te trek van die verhuurder se deposito nie.

Nou in die geval  weier 'n ene Mev. Isolde Greyling om haar deposito aan die huurder terug te betaal, nadat sy haar tevredenheid met die eenheid se algehele toestand uitgespreek het en met die ontvangs van die sleutels. Kwansuis nou omdat die plek "vuil" was en vol spinnerakke. 


Nou, mev. Isolde Greyling vir jou inligting is daar foto's as bewyse wat dien dat die plek nie vuil gelaat is nie en sonder enige skade. Jou gat moes gelek word om 'n skriftelike huurkontrak te bekom, nadat jy 'n kontant deposito (die helfte) ontvang het en waarna die res van die deposito en die maandelikse huur elke  maand in jou kredietkaart rekening inbetaal is.

Die huurder het by die kontrak voorwaardes gehou, jou deurentyd beleefd hanteer met telefoniese gesprekke, sms'e en eposse (waarvan alle bewysstukke gehou is), waarop jy neerhalend, beledigend en onbeskof gereageer het. Na skriftelike kennisname is dit nou al twee maande wat jy weier om die huurder se deposito terug te betaal. Dink jy regtig omdat jy Dr. J.A. Greyling se vrou is, in Rietvallei snob rand bly en jy self erken dat jy die geld het, jy daarmee kan wegkom?

Jou saak is by die tribunaal aangegee en sal die rente maar net meer en meer loop en meer word vir soveel en lank maande dit neem om die saak afgehandel te kry.  Die huurder het jou tegemoet probeer kom maar ongelukkig staan jou sarkasme en vyandigheid die huurder nie aan nie. Soos gese word, inhaligheid voer die bo toon by mense wat TE veel geld het en nie weet wat om daarmee te doen nie of TE hoog lewe op skuldbult en miljoene skuld op hul kredietkaarte en dan huurders se huurgeld gebruik om hul kredietkaart skuld te probeer vereffen,

Om enige mens te probeer stroop van sy menswaardigheid pas beslis by die snobistiese rich bitch tipe wat jy is. Maar neem maar gerus jou tyd, die rente loop op..... 

SOLI

Tuesday, October 1, 2013

So sal ons maar leer praat

So sal ons nou die ander dag sit en klets oor ditjies en datjies. Dit kom toe ook uit so onder mekaar dat ons begin praat oor swart tale en die aanleer daarvan.

Eintlik se hulle, ons moes saam met die verengelsing meer swart tale geleer het op skool in plaas van toegelaat het dat die engelse alles oorneem. Baie waar se ek en stem toe saam, want kyk ek glo onse ou landjie sou heelwat en veel meer anderste daarna uitgesien het as ons maar eerder op skool geleer was om die regte egte inheemse swart tale aan te geleer het as die verdekselse uitheems ingevoerde engelse tale wat alles kom oorneem het en kulture laat heengaan het.

Baie waar ook toe Totius al daaardie jare protes aangeteken het en net doodeenvoudig geignoreer was en oorheers is deur die verengelsing van nie net onse Afrikaans nie maar ook ons boerevolk se swart tale en volke. Dink net hoeveel meer beter kommunikasie en boerederye sou daar vandag kon wees as ons mekaar net behoorlik kon verstaan  het. 'n Mens kan sekerlik nog steeds een van die vele nasie en generasie tale aanleer, maar oe, ai die ouderdomme is nie altyd van so aard dat die koppietjies meer wil vat en aanleer nie.

Dis toe dat ek toe nou mos mooi afhak en se: nou toe! hoe lyk dit met julle jongetjies? Werk dit bietjie in hierdie silllabusse in wat hulle so gereel wil verander, maar nou ja, wie is ons om te praat. Die ingelse wil nie ons taal leer nie maar praat moet ons die rooi taal praat. Soms krom en skeef dan nie eers te praat van fanagalo nie. Hoeveel mense is daar werklik nog wat dit kan praat? Verdompe ingelse...

Maar nou ja, water onder die brug deur se hulle, dalk skrik daar iemand in die jonger generasie wakker en leer hulle die ander tale aan.....

ETS

Thursday, September 26, 2013

Mense en hul dinge

So begin ek toe mos nou met die nuwe toekoms. Ry so 30 km's in werk toe en 30 km's terug in die middae. Nie dat daar fout is nie, sal ek nou so terwyl ek ry (ongeveer 'n halfuur tot 'n drie kwartier) daaraan dink hoe ironies is dit nie. Dit is so stukkie terug in die verlede en dan weer terug smiddae na die toekoms....

So dwaal 'n mens se gedagte maar en van rondkyk en om jou kyk terwyl die rit plaasvind bring nogals interessante dinge mee. Eers jaag die een en dan daardie een om by jou verby te kom, almal met sulke groot duur "bulk size" grootte voertuie. Myne lyk soos 'n muggie teen hulle s'n. Ek dink myne sal soos 'n platgetrapte visblikkie lyk as hul oor my moet ry soos hulle verby gejaag kom om eerste by 'n robot of oorgang te stop. Of sommer maar net om af te "show". Dan "smile" ek maar net wanneer ek hulle in elk geval inhaal by die 4/3 rigting stop of verkeerslig. Dan moet jy sien hoe vinnig kyk hul ander pad -- gmf! kan nie eers terug glimlag nie.


So gaan dit maar op die pad en kan mens nie anders as om 'n dag dan met 'n glimlag te begin nie.  Probeer dit net, kyk vir die ou wat langs jou in sy motor staan by die verkeerslig...lol die reaksie is oorweldigend. Goeie begin vir die dag.

En, o ja wat hulle darem nie alles agter 'n kar se stuur kan aanvang nie..hehe, boeta! Van grimering aansit, skeer, koffie drink en die meeste op die voorkeurende selfoon wat sommer 'n vermindering in spoed en verkeersopeenhopings veroorsaak. Heng, dink net, as sulke goete nie gebeur nie, hoe vervelig sou die ou lewe darem nie gewees het nie.

Dan kom jy by die werk...ugh! Maar ai met al die stelsels en prosesse in plek, bly mense maar dinge vir hulself ingewikkeld en moeilik maak.  Seker maar omdat hulle nog jonk, onervare en lui is om te lees. Alles moet skielik op ander maniere gedoen word, net om na 'n latere gemors uit te vind dat die vorige proses eintlik die ene is wat reg werk....ai dan krul die tone sommer so van lekkerte en dan is dit nog 'n groter glimlag dag. Soms wonder ek hoekom doen mense dit? Wanneer dinge verkeerd loop, moet jy mos weet dat jy eintlik dit aan jouself gedoen het? In weinige gevalle ander se skuld....glo ek? Die ergste is hulle bly hul koppe nes 'n donkie teen dieselfde klip stamp elke keer...soms wonder ek of dit donkies of muile is? Wie se kop is nou die hardste..

Deel gerus dit wat jou dag interessant maak....glo my daar is niks wat dinge so vinnig kan reg maak as 'n lekker lag uit die maag uit nie. Mens voel sommer beter en dan is al die ander dinge vergete.Om vir jouself te kan lag wanneer jy daardie "dom" ding of lompheid aangevang het, is 'n siels genesing wat alle stres wegvat en 'n wip in die dag sit. Hoor graag van al julle ervaringe en vertellinge.........

E.T.S.